15 dae gelede
Ramaphosa lewer 5de staatsrede
Pres. Cyril Ramaphosa by die staatsrede in Februarie 2019. Foto: Adrian de Kock  ~ 

PRES. CYRIL RAMAPHOSA lewer Donderdag 11 Februarie 2021 sy vyfde staatsrede.

Covid-19 en die ekonomie sal na verwagtinge groot feature in Ramaphosa se toespraak.

Verlede jaar se toespraak het sterk gefokus op die herlewing van die ekonomie, net 'n maand voordat die land in lockdown gegaan het weens 'n onsigbare vyand.

Daar is ook groot verwagtinge dat die staatshoof sal praat oor die stryd teen geslagsgeweld, werkskepping, dienslewering en korrupsie - onder andere ook die kommissie na staatskaping.

Die toespraak is om 19:00 en vind plaas voor 'n gesamentlike sitting van die nasionale vergadering en nasionale raad van provinsies.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters