Verlede maand
President praat oor #Covid19
cyril ramaphosa
Pres. Cyril Ramaphosa  ~ 

DIE land se eerste burger spreek Suid-Afrika Donderdag 23 April 2020 omstreeks 20:30 toe.

Pres. Cyril Ramaphosa se toespraak kom presies vier weke nadat die land in lockdown gegaan het.

Ramaphosa sal maatreëls deel oor stappe om die ekonomie te heropen.

Vroeër die week het die staatshoof genoem dat die krisis nie verewig met ons sal wees nie.

"Die dag sal kom wanneer ons nie meer die lockdown maatreëls nodig hê nie.

"Tot dan moet ons egter verseker dat ons mense genoegsame ondersteuning ontvang." 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters