12 dae gelede
PAC en SAPS clash in Brackenfell
brackenfell,pac
Lede van die PAC kom by Brackenfell-treinstasie byeen, voordat hulle na Hoërskool Brackenfell beweeg. FOTO: Anele Mfazwe  ~ 

LEDE van die PAC en die polisie het Woensdag koppe gestamp in Brackenfell met selfs stun grenades wat gebruik moes word om die groep uitmekaar te jaag.

Sowat 40 betogers het Woensdagoggend by Brackenfell-treinstasie byeengekom en na Hoërskool Brackenfell betoog.

Die polisie het die groep gewaarsku dat sonder die nodige permit kan hul nie voortgaan nie.

In van die beeldmateriaal kan gesien word hoe die groep teruggestoot word.

Intussen beplan die EFF om Vrydag buite die skool te betoog. Die party is toestemming gegee met 'n beperking op 'n 100 lede. Hulle het ook onderneem om nie skoolverrigtinge te onderbreek nie.

Die Stad Kaapstad het inwoners egter gemaan om die gebied rondom die skool te vermy. 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters