16 dae gelede
Ouer-groep reageer op prez se skole besluit
LUISTER: Só het Son die afgelope week in beeld gewys hoe mense oor veiligheid by skole betoog het.  ~ Peter Abrahams

PRES. CYRIL RAMAPHOSA se aankondiging Donderdagaand oor skole was net 'n PR-exercise.

Sò sê Vanessa le Roux, stigter en koordineerder van Parents Against the Opening of Schools.

Son het kort na die aankondiging met Le Roux gepraat, wie noem die regering is nie ernstig nie en wil nie lewens red nie.

"Die president is ook nie eerlik oor die afname van infeksies in die Wes-Kaap nie, want mense onder 55 jaar word dan nie getoets nie."

Le Roux vra ook waaraan word die afname gemeet.

Sy sê: "Die president het eintlik vir ons niks kom sê nie.

"Ons kinders is nie gewoond aan Covid-regulasies nie en dit gaan nie oornag verander net omdat iemand dit sê nie." 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters