Verlede maand
#KYK: Nog 'n treinbrand voorval
treinbrand,metrorail
Foto ter illustrasie  ~ Stad Kaapstad

DIE nuwe jaar is nog nie eens twee weke oud nie en daar is alreeds weer 'n treinbrand voorval.

Hierdie keer by Retreat treinstasie.

Riana Scott, 'n woordvoerder vir Metrorail, bevestig die voorval.

"Daar is 'n motor coach van 'n trein in die Retreat staging yard in 'n brand vernietig.

"Die voorval het kort voor 10:00 die aand plaasgevind en geen beserings is aangemeld nie."

Die oorsaak van die treinbrand is nog onbekend en word ondersoek.

Intussen behoort daar die brand min tot geen impak op pendelaars te hê met tegnici wat deurnag gewerk het om die betrokke treinstel gereed te kry vir Donderdagoggend se treindiens. 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters