14 dae gelede
Mnr Suid-Afrika 2019
mnr suid-afrika, mr sa
Heinrich Gabler is as Mnr Suid-Afrika 2019 gekroon met John Daniels wat as Mnr Heart aangewys is, die finalis wat die grootste verskil in sy gemeenskap gemaak het.  ~ Peter Abrahams

VAN kinderhuis-klong tot Suid-Afrika se mooiste man!

Heinrich Gabler is Saterdagaand onder luide toejuiging van die gehoor as Mnr. Suid-Afrika gekroon.

Die familie en vriende van die boorling van Wellington, onder wie die rugbyspeler Juan de Jongh, was daar om die groot oomblik in sy lewe te vier.

Die TV-aanbieder Mishka Patel het die organiseerder van die kompetisie, JP Robberts, gehelp om die titels aan die aantreklike wenners te oorhandig.

Die finalis wat die grootste verskil in sy gemeenskap gemaak het, is as Mr. Heart aangewys. Dié eer het Johan Daniels te beurt geval.

Die titel Mnr. Fotogenies het gegaan aan Hanno Eyssell.

Shaun Stander was die mense se favourite. Hy is ook aangewys as die eerste prins.

Bhekuzinde Nobunga, verlede jaar se Mnr. Mpumalanga, is die tweede prins.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters