19 dae gelede
Minister se zol-song is gewild
Dr. Nkosazana Dlamini-Zuma
Dr. Nkosazana Dlamini-Zuma op die perskonferensie van byna drie uur lank toe sy Suid-Afrikaners teen “zol” gemaan het.  ~ GCIS

TALLE rokers voel genip toe die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, dr. Nkosazana Dlamini-Zuma die U-turn met sigaret-verkope aangekondig het.

Haar woorde oor speeksel op papier het nou lirieke op papier geword.

Max Hurrell, 'n musiekvervaardiger, het sy kreatiwiteit gebruik en die minister se woorde in 'n song omskep.

"As mense zol, sit hulle speeksel op papier en deel dan die zol," was deel van haar verduideliking oor die verbod op sigarette.

Dis nou hierdie einste woorde van 'n song wat in die top 50 van Apple Music is.

Dit trend ook op YouTube.

Die beat van die song is bietjie stadig maar catchy en het selfs 'n TikTok-dansuitdaging.

Maar dit is nie waar dit eindig nie. Die song het selfs die minister bereik, wie wou weet: "Wie is die Max Hurrel? Ons moet praat."

EWN berig Hurrel se reaksie was: "Hallo minister, volg my asseblief en ek gee jou my besonderhede." 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters