Verlede maand
Man hardloop in brandende petrol-trok
houw hoek-pas,petroltrok
Die voorval het aan die bo-punt van die Houw Hoek-pas plaasgevind.  ~ 

In 'n skok-video wat aanlyn trend blyk dit ‘n man pleeg selfmoord deur reguit na ‘n brandende petroltrok, langs die kant van die pad, te hardloop.

Die voorval het vermoedelik Saterdag aan die punt van die Houwhoek-pas plaasgevind.

Volgens die bestuurder van die trok het die bestuurder van ‘n ander voertuig reguit op hom afgekom. Die trok het uitgeswaai om die voertuig te mis waarin die paartjie was. 

Die voertuig van die paartjie het by die wal afgery. Die vrou het vermoedelik aan haar beserings beswyk en is op die toneel oorlede.

In die video kan gesien word hoe iemand by die wal opgehardloop kom en dan reguit in die vlamme hardloop, waar hy gaan lê. 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters