21 dae gelede
#KYK SON files: Episode 2
drein
Verstopte dreine of die een of ander riool probleem is van die klagte wat die nuuskantoor gereeld deur lesers ontvang. FOTO TER ILLUSTRASIE: THEO JEPTHA  ~ 

Verstopte dreine of die een of ander riool probleem is van die klagte wat die nuuskantoor gereeld deur lesers ontvang.

Son se verslagspan het bietjie gaan loer by ’n paar gebiede net hoe erg is dit en vir die plaaslike owerhede gaan vra wat doen hulle aan die bollie.

Audrey Louw, is een van die talle inwoners van Happy Valley, wie se hoop al vir die afgelope 20 jaar af in die drein geflush was.

Die mammie vertel dat die gemeenskap vir twee dekade bruggies bou om oor die bollie in hul straat te kom.

Terwyl die mense bruggies bou, sit Mario Claasen met ’n probleem om geld bymekaar te skrap om sy kinders dokters toe te vat.

Claasen vertel dat die riool-rivier wat buite sy huis vloei die rede vir sy kinders se kopsere is.

Zahid Badroodien, mayco-lid vir gesondheid van die Stad Kaapstad, bevestig dat baie klinieke ontvang sake van kinders wat weens riool oorstromings siek word.

In Hanover Park sukkel inwoners nie net met stank reuke nie, maar ook ’n vullis probleem- wat vanuit die einste sewerage dreine kom. 

Hier vat Brian Jaftha ’n gemeenskapsaktivis, die span na ’n spot wat gedurig met rommel toegegooi is.

Jaftha meen dis so erg dat mense nie meer huise in die area wil koop nie. 

Die Stad Kaapstad se maycolid vir water, sanitasie en afvaldienste, Xanthea Limberg, het aan Son verduidelik wat veroorsaak die vertoppings en hoe die stad dit probeer reg stel.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters