23 dae gelede
KYK: Rudy wil nog groot rugby speel
Rudy Paige nog in aksie vir die Bokke.  ~ Gallo Images

DIE Springbok-skrumskakel Rudy Paige wil nog "groot rugby" speel wanneer dinge weer na normaal terugkeer.

Paige, wat al veertien keer vir die Bokke uitgedraf het, het tot voor die lockdown, weens die corona-virus, vir die Sunwolves in Japan gespeel.

Dié boorling van Heidelberg het aan RSG se Jody Hendricks vertel dat als omtrent sy toekoms tans onseker is .

"Ek is nog baie keen om groot rugby te speel en te compete en alles. Ek glo daar gaan ietsie binnekort opdaag, so ek geniet die familie met wie ek baie min tyd gespend het die afgelope jaar en 'n half," het Paige gesê.

Luister na Paige se gesprek met Hendricks op JustJody.

Hy praat onder meer oor pa-wees, sy rolmodelle, sy tyd in Japan asook sy ervaringe in die groen en goud.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters