4 maande gelede
KYK: Pres. Cyril Ramaphosa se staatsrede 2020
President Cyril Ramaphosa (Netwerk24, Adrian de Ko
Pres. Cyril Ramaphosa  ~ Netwerk24

PRES. Cyril Ramaphosa lewer Donderdagaand sy vierde staatsrede.

Onder die sowat 2000 spesiale gaste is die kaptein van die wêreldbekerrugby-span Springbokkaptein, Siya Kolisi; Shamila Batohi, die NVG-baas; Eskom-baas, Andre de Ruyter en Mej. Heelal Zozibini Tunsi.

Daar word verwag dat Ramaphosa in sy toestand sal praat oor die toestand van staatsinstellings soos die Suid-Afrikaanse Lugdiens, Eskom en Prasa, asook oor werkloosheid in die land.

Intussen hou die EFF vol dat hulle Ramaphosa se staatsrede gaan onderbreek.

Julius Malema, EFF-leier, het onlangs 'n ultimatum aan die president gestel. Óf hy dank Pravin Gordhan af, of die EFF maak dit vir hom ontmoontlik om sy staatsrede te lewer.

Kyk die staatsrede regstreeks hier:


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters