26 dae gelede
KYK: Mmusi bedank as DA-leier
DA leader, Mmusi Maimane.
DA leader, Mmusi Maimane.  ~ 

MMUSI Maimane het Woensdag as leier van die DA bedank.

Hy gaan egter aanbly as die DA se parlementêre leier vir die res van die jaar waarna 'n kongres gehou gaan word om 'n nuwe leierskap te kies.

Maimane het in sy toespraak gesê die DA is ondanks sy beste pogings nie die beste voertuig om die visie, om een Suid-Afrika vir almal te bou, vorentoe te dryf nie.

"Dit is met groot hartseer dat, om voort te veg vir die visie waarin ek so sterk glo en die land waarvoor ek so lief is, ek vandag my bedanking as leier van die DA indien."

Athol Trollip, voormalige burgemeester van die Nelson Mandelabaai-metro, het kort na Maimane ook uit die party bedank.

Die twee se bedanking volg nadat Herman Mashaba Maandag as burgemeester van Johannesburg bedank het.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters