2 jaar gelede
KYK HOE TWEE OUMAS 'N LAMBORGHINI BESTUUR

HET jy al ooit gewonder hoe jou ouma sal vaar agter die stuurwiel van ‘n 650 perdekrag-Lamborghini?


Wel, twee ou tannies van Los Angeles het nie te sleg gevaar nie. Dis nou nadat hulle veilig uit die oprit gekom het.


Die twee oumas is verfilm waar hulle koppe laat draai en lag in ‘n video getiteld Twee oumas, een Lamborghini.


Nadat die motor veilig in reverse gesit is, skree een van hulle: “Hier gaan ons!” En natuurlik is hulle reguit winkels toe.


Peggy en Audrey vang ‘n oulike kassier, wat ook ‘n Lamborghini-bestuurder is, se oog en later dié van ‘n ander motorentoesias.


Ongelukkig vir die dames het hy net oë vir hul Italiaanse ryding – nie dat daar regtig plek vir hom was nie.


Beide Audrey en Peggy sê hulle het dit vreeslik geniet om in die video te wees. ¬- huffingtonpost.com

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters