4 maande gelede
'Jesus' besoek Afrika
michael job,jesus
'Jesus' oftewel Michael Job die naweek by 'n crusade in Kenia.  ~ Facebook

JESUS was die naweek op die Afrika-vasteland.

Aanvanklik is op sosiale media versprei dat die seun van God in Suid-Afrika se strate gery het, maar dit blyk nou hy was in Kenia.

In foto's en videos kan gesien word hoe die evangelis loop en dans in die strate van Kiserian, 'n dorpie in Kenia.

En die man wie voorgegeee het hy is Jesus, is Michael Job.

Volgens sy sosiale media profiles is hy 'n akteur; evangelis en president van Jesus Loves You Evangelistic Ministries.

The Citizen berig hy is saam met ander pastore genooi om die naweek by 'n crusade te preek. 

Tydens die drie-dae crusade het hy talle skole besoek, kospakkies uitgedeel en op straat gepreek.

Dis egter nie Job se boodskap oor God se seëninge wat mense aan die praat het nie. Hy het aanlyn getrend oor sommige hom daarvan beskuldig dat hy beweer hy Jesus is.

Die evangelis preek glo jare al aangetrek soos Jesus, soos uitgebeeld in movies.

In een van sy videos gee hy voor om Jesus te wees, wie 'n blinde man genees. 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters