Verlede maand
Groot moles by kongres
us capitol
Na al die moles blyk dinge weer rustiger te weer in die Amerikaanse hoofstad.  ~ Reuters

TEN MINSTE vier mense is dood in die stormloop op die Kongresgebou in Washington DC. 

Kongreslede was besig om die verkiesingsoorwinning van die aangewese president en adjunkpresident te bekragtig.

Die aanval kom nadat Trump sy ondersteuners aangemoedig het om na die Kongresgebou op te ruk. 

Die betogers het die gebou beskadig en artikels daaruit as aandenkings gesteel. Die senators het na veiligheid gevlug.

Die polisie het ’n vrou doodgeskiet en nog drie is dood as gevolg van “mediese toestande”.

Trump se profiel op Twitter is weens sy onverantwoordelike uitlatings voorlopig toegemaak.

Politieke kommentators beskryf die dade van die pro-Trump-betogers as binnelandse terreur. – CNN/Al­Jazeera/MSM News/New York Times

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters