17 dae gelede
#KYK: Beweerde killer se huis aan die brand gesteek
Uyinene Mrwetyana.  ~ 

Die huis van die beweerde moordenaar van die Universiteit van Kaapstad student, Uyinene Mrwetyana, is vroeg Dinsdagaand deur inwoners in die omgewing aan die brand gesteek.

Die man, in sy 40's, is byna 'n week nadat Uyinene verdwyn het, in Claremont gearresteer. Hy het Maandag in die Wynberg-landdroshof verskyn en kan nie geidentifiseer word tot 'n uitkenningsparade gehou is.

Dinsdagmiddag het pres. Cyril Ramaphosa sy stilte verbreek en gesê daar hang 'n donker wolk oor die land.

Ramaphosa sê: "Die aanvalle, verkragtings en moorde op vroue is 'n vlek op ons gewete.

"Ons moet almal ons kop in skaamte laat hang."

Intussen het die nasionale vervolgingsgesag laat Dinsdagaand gerugte verwerp dat die 42-jarige man wat van Uyinene se verkragting en moord aangekla is op borgtog vrygelaat is.

Eric Ntabazalila, 'n woordvoerder vir die NVG, sê: "Die accused het nie vir borgtog aansoek gedoen nie maar sou hy dit doen gaan die NVG dit teen staan."

Die aangeklaagde sal weer op 5 November 2019 in die hof verskyn. 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters