6 dae gelede
Being The Business: Nawal Jaftha
nawal jaftha
Nawal Jaftha op Being the Business.  ~ We Are The Agency

STRUIKELBLOKKE wat ander deurmaak is dikwels ’n les wat gedeel kan word om iets soortgelyks te vermy.

Dis deels wat Being The Business ook probeer vermag.

Op dié entrepreneursprogram vertel die eienaars van kleinsakeondernemings van die uitdagings wat hulle moes deurmaak om van hul besigheid ’n sukses te maak.

Jamie Thurston Wyngaard, vervaardiger en aanbieder van die program, sê: “Dit is belangrik om die inhoud van die entrepreneurs met so veel moontlik mense te deel.

“Dalk sit en luister iemand wat deur iets soortgelyks gaan en net moet hoor daar is iemand anders wat deur dieselfde ding is.”

Dié week vertel Nawal Jaftha van haar stryd om haar eie besigheid te bestuur.

Sy noem ook dat tyd baie belangrik is. “Tyd is ’n groot faktor wanneer jy ’n besigheid bestuur want jy kan jou tyd verkeerd bestuur.”

Haar advies: "Het 'n plan, wat wil jy doen en bereik. Vra jouself af wat doen jy en na wat werk jy?”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters