24 dae gelede
Artscape vier 50 met aanlynkonsert
 ~ 

DIT is 50 jaar gelede toe die legendariese Artscape-teater in Kaapstad sy deure vir die eerste keer in 1971 geopen het.

Om die goue herdenking te vier bied die Kunstekaap, wie voorheen bekend was as die Nico Malan-teater, Saterdag 20 Maart om 20:00 'n 50ste vieringskonsert aanlyn aan.

Hierdie spesiale konsert word gelei deur Basil Appollis, met die geselskap van die Kaapstad Opera, JazzArt, Unmute Dance Company, Kaapstadse ballet en die Kaapstadse Filharmoniese Orkes.

Kyk ook uit vir spesiale optredes deur ikoniese Kaapse kunstenaars soos Alistair Izobell, Vicky Sampson, Coenie de Villiers, Dizu Plaatjies, Hilton Schilder, Zinzi Nogavu, Sylvia Mdunyelwa en vele ander.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters