Verlede maand
Afro Z herenig tydens Covid-19 vir My Coldest War
afro z
Die lede van Afro Z is Naseera Timm, Lois du Plessis, Ernest St. Claire, Richard Hlala en Nigel Morkel.  ~ 

HULLE was nie die wenners nie maar het die tweede plek gehaal in 2002 tydens CocaCola Popstars.

Na Afro Z begin is was daar 'Phenomenal' en toe net stilte. Tot die groep 'n paar maande hul nuwe album 'Ain't it funny' bekendgestel het.

Nou meer as 'n dekade later, en nadat elke lid van die groep hul eie paadjie geloop het, maak hulle in die middel van 'n wêreldwye pandemie nog 'n comeback en dit met een van hulle eie treffers.

Naseera Timm, Lois du Plessis, Ernest St. Claire, Richard Hlala en Nigel Morkel het in die lockdown aanlyn bymekaar gekom om 'My Coldest War' op te dra aan almal wat teen die virus fight.

Die groep sê die song is vir ons almal wat deur die virus geraak word.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters