4 jaar gelede
Vrou soek hulp vir man
 ~ 

‘N WEDUWEE, Magret Wil­liams, se noodkreet is om die familie van haar oorle man, Basil Ludwig (70), op te spoor.

Ludwig het op 3 April gesterf nadat hy twee jaar gelede ’n beroerte gehad het

Williams sê sy en Ludwig het 30 jaar saamgewoon en het twee kinders.

Haar dilemma is dat sy sonder geld sit om Ludwig te kan begrawe.

Ludwig is ’n boorling van Worcester. Hy het vroeër jare in die Roodeville-woonstelle gewoon.

Sy ma was Maria Nel en daar is glo ook familie in Grabouw wat Williams nog nooit ontmoet het nie.

Sy sê mense wat op enige manier kan help, word versoek om Sharon Wildschut by 079 559 9710 te bel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters