4 jaar gelede
Vrou ná maand nog vermis
waar is sy? Raymonde Boltman (24) is steeds vermis ná meer as ’n maand. FOTO Verskaf  ~ 

RAYMONDE Boltman (24) is steeds vermis ná meer as ’n maand.

Sy is die laaste keer op 20 April gesien toe sy vroeg­oggend op pad werk toe was.

Haar suster Genevieve Boltman sê: “Die mense hier sê hulle het gesien Raymonde klim in ’n kar.

“Ons is bevrees dat sy ontvoer kon geraak het.

“Die polisie sê sy’s al ’n ‘groot vrou’ en kan mos haar eie keuses maak.

“My suster is nie die tipe wat sommer sal wegloop nie. Iets het met haar gebeur.

Ontken

“Ons as familie en vriende is steeds geskok oor haar verdwyning.

“Die mense wat haar vermoedelik ’n lift gegee het, het moontlik iets met haar verdwyning te doen gehad.

“Ons soek antwoorde.”

Brig. Cass Goolam, hoof van die Mitchells Plain-polisie, het gister die Boltman-gesin se beweringe ontken.

“Ek weet nie wat die probleem is nie. Ek weet nie waarvan die mense praat nie.”

Kapt. FC van Wyk, ’n polisiewoordvoerder, het vroeër gesê daar is geen leidrade oor die vermiste persoon nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters