4 jaar gelede
Visserman ná 4 dae nog soek
Derick Philand FOTO VERSKAF  ~ 

DIE visserman wat Sondag vermoedelik by Lambertsbaai aan die Weskus verdrink het, is nog nie gevind nie.

Derick Philand (37) en Henry Waldeck is die oggend uit op die see in hul dinghy.

Dié is na bewering deur ’n boot, die Silver Bounty, omgestamp.

Albei vissermanne het lank aan hul omgekeerde dinghy vasgeklou.

Philand het uiteindelik onder die water verdwyn.

’n Verbyvarende boot, die Demar, het Waldeck uiteindelik opgepik.

Die Suid-Afrikaanse Maritieme Veiligheidsowerheid ondersoek die voorval.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters