4 jaar gelede
Polisie vra publiek om te help kyk
Patricia Jeremiah FOTO VERSKAF  ~ 

DIE Lentegeur-polisie soek tans na Patricia Jeremiah (13), wat die afgelope twee weke vermis word.

Patricia, wat van Lentegeur is, is verlede Woensdag omstreeks 10:00 laas in Lentegeur gesien.

Sy het toe ’n pienk T-hemp, blou denim jeans en pienk slippers gedra.

Patricia is stewig gebou, het lang swart hare en baie donker oë.

Enigeen met inligting kan die Lentegeur-polisiestasie bel by 021 377 5000 of die ondersoekbeampte, AO Sheldon, by 060 376 7654.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters