4 jaar gelede
Pa wil dogter sien voor hy sterf
Estelle Swarts FOTO VERSKAF  ~ 
Estelle Swarts FOTO VERSKAF
op laaste bene: Ghoenie de Bruin sit hier by haar oom Hendrik Lewies. Foto: KALLIE SMIT

DIE laaste wens van ’n pa is om sy enigste kind te sien voordat hy sterf.

Hendrik Lewies (63), voorheen van Klein-Bergrivier, se broer het hom twee weke gelede by ’n niggie in Saron kom los. Hy kon nie meer na hom omsien nie.

Annie Lewies (34), by wie oom Hendrik nou bly, sê die ou man se dogter, Estelle Swarts (31), het 10 jaar gelede verdwyn.

Annie vertel: “Ons het uitgevind dat sy êrens in Ath­lone bly en dat dit baie goed gaan met haar.

“Ons het in kontak met ’n vrou gekom by wie se suster Estelle werk en ’n boodskap by haar gelos.

“Toe ek die vrou Sondagaand bel om te vra of sy die boodskap aan Estelle oorgedra het van haar pa wat so ernstig siek is en haar wil sien, het die vrou gesê sy het dit gedoen.

“Ons het egter nog niks gehoor nie.

“Ons moet nou rondval om vir hom ’n begrafnisfonds te kry. Hy het nie eens ’n ID-boekie nie.”

Nog ’n niggie van Swarts, Hendrika “Ghoenie” de Bruin, sê: “Haar pa kan niks vir homself doen nie en kry nie meer kos in nie. Die dokters het gesê hulle kan niks meer vir hom doen nie.”

Oom Hendrik sê floutjies: “Ek wil graag my dogter sien. Ek het haar grootgemaak.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters