4 jaar gelede
Oupa (84) al byna ’n maand weg
Willem Matthyse FOTO VERSKAF  ~ 

OUPA Willem Matthyse (84) se mense is verskriklik bekommerd oor hom.

Oom Boetie, soos hy bekend staan, is al sedert die Paas­naweek missing.

Dié bekende inwoner van Wellington het saam met sy kerkmense na ’n Easter-konferensie in Steinthal buite Tulbagh gegaan. Sy skoondogter het hom op Goeie Vrydag in die sonnetjie sien sit.

Toe verdwyn die oupa en sedertdien weet niemand waar hy is nie.

Die polisie in Tulbagh en ander dorpe het al na oom Boetie gesoek, maar hy word nog vermis.

Sy familie is al rasend van kommer.

As Son-lesers kan help, bel asseblief 060 326 2957.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters