4 jaar gelede
Meisie sedert Maandag net spoorloos
vermis: Aziza Philander (10) van Valhallapark word gesoek. FOTO VERSKAF  ~ 

’N TIENJARIGE meisie van Valhallapark word sedert Maandag vermis.

Die cops van Bishop Lavis is op soek na Aziza Philander van Valhallapark wat nog Maandag laas in die sorg van haar ma gesien is.

Aziza het ten tyde van haar verdwyning ’n roomkleurige sweater, ’n rooi broek en blou slippers aangehad.

Enigiemand met inligting oor waar Aziza is, kan die ondersoekbeamptes, sert. Earl Coetzee of konst. Naj Salie, by 079 894 1765 bel of die tolvrye misdaadnommer 08600 10111 skakel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters