4 jaar gelede
Meisie (2) se ouers is soek
 ~ 

PERSONEEL van die departement van maatskaplike ontwikkeling soek inligting oor die biologiese ouers van ’n tweejarige meisie, Amiena.

Dis nie bekend wat haar ma, Anthea, se van is nie. Nóg die naam nóg die van van haar Zimbabwiese pa is bekend.

Anthea is laas by McDonald’s op Kaapstad-stasie gesien. Enigiemand met inligting kan die maatskaplike werker Shenay Leonards bel by 021 481 9700/9750 of Leonards Maandae tot Vrydae tussen 07:30 en 16:00 op kantoor besoek in Queen Victoriastraat 48 in Kaapstad. – Eie verslaggewer

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters