4 jaar gelede
Man is meer as ’n week reeds vermis
Guoyong Fan FOTO VERSKAF  ~ 

HY IS verlede Sondag laas saam met sy medewerkers gesien en ’n bietjie meer as ’n week later is hy steeds skoonveld.

“Die polisie in Uitenhage vra die hulp van die gemeenskap om Guoyong Fan te help opspoor,” sê lt. Gerda Swart, ’n polisiewoordvoerder.

Dié 42-jarige man is laas in Kaapweg in Uitenhage gewaar.

Guoyong is sowat 1.6 m lank en het kort swart hare.

Bel AO Wilfred Swartbooi by 073 768 4308 met inligting, die polisie in Uitenhage by 041 996 3438 of Crime Stop op 08600 10111.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters