3 jaar gelede
Ma soek haar vermiste meisiekind
waar is jy? Michailla Salomo het Maandag verdwyn. Foto: FACEBOOK  ~ 

SY MOET net terugkom.

Michailla Salomo (15) van Eersterivier is al vier dae vermis en haar ma is rasend van kommer.

Michailla, ’n leerder aan die Hoërskool Forest Heights, is Maandagoggend van haar huis af skool toe, maar het nooit daar uitgekom nie.

Lucille Salomo sê sy het Maandag uitgevind haar kind het ’n kêrel.

Salomo het nou eers uitgevind van die 24-jarige kêrel, ook van Eersterivier.

Die man het glo vir Michailla by die skool se hoek opgetel, en is toe daar weg.

Salomo sê Michailla moes Dinsdag saam kliniek toe gegaan het. Sy sê sy wil net haar dogter veilig teru hê.

Michailla is reeds as vermis aangegee en is al ’n paar keer by die kêrel se huis gesoek.

Sy familie weet glo nie waar hy is nie en ook nie sy pêlle in Stellenbosch by wie hy na bewering gereeld kuier nie.

Die twee se selfone is ook al sedert Maandag net af.

Volgens Salomo het sy haar dogter voorheen getoets vir dwelms omdat haar gedrag skielik verander het.

“Sy het negatief getoets, maar ek kon agterkom sy steek iets weg.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters