3 jaar gelede
Info gesoek nadat man wegraak
Mazamelela Bekinkosi CorneliusFOTO VERSKAF  ~ 

HY HET weggeraak net voordat die nuwe jaar aangebreek het en sy verdwyning laat die speurders van Aliwal-Noord steeds kopkrap.

Kapt. Ursula Roelofse, ’n polisiewoordvoerder, sê die polisie is aan die soek na ’n vermiste persoon met die naam Mazamelela Bekinkosi Cornelius (40).

“Daar word beweer dat Cornelius op 30 Desember 2016 vermis geraak het nadat hy en sy vriende van Idutywa af gekom en in Aliwal-Noord gewag het vir die winkels om oop te maak.

Denimbroek

“Cornelius het toe gaan kos koop en al die vriende het saam geëet.

“Daarna het Cornelius gesê hy gaan net gou weer town toe en hy sal vinnig terug wees,” sê Roelofse.

Cornelius is nooit weer daarna gesien of van gehoor nie.

Toe hy vermis geraak het, het hy ’n wit T-hemp, ’n blou denimbroek, ’n swart cap en bruin skoene aangehad.

Enigeen wat die polisie met inligting oor hom kan help, kan lt.kol. Mguqulwa by 082 442 2779 bel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters