4 jaar gelede
Help ouers en cops om kid te vind
kevin strydom FOTO VERSKAF  ~ 

ELIZABETH Strydom (69) van Parow is siek van bekommernis oor haar man se seun, Kevin (13), wat nou al langer as ’n week vermis word.

Hy het laas Maandag net ná 12:00 ’n taxi van Parow na Delft gehaal om sy biologiese ma te besoek.

Die taxi waarin Kevin saam met sy babahondjie gereis het, was toe in ’n ongeluk.

Kevin het na ’n computer-winkel gestap en Strydom van daar gebel en gesê sy arm het seergekry.

Dis die laaste wat hulle van hom gehoor het.

Hy is intussen as vermis aangemeld by die Parow-polisie.

Enigeen met inligting oor Kevin kan die Parow-polisie bel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters