3 jaar gelede
‘Help ons sus opspoor’
HELP: Inwoners het onlangs bymekaar gekom om Raymonde Boltman te onthou. FOTO VERSKAF  ~ 

DIE gemeenskap staan saam om antwoorde oor Raymonde Boltman se verdwyning te kry.

Dis amper ’n jaar sedert Boltman, van Woodlands in Mitchells Plain, spoorloos verdwyn het.

Raymonde was glo op pad werk toe.

Sy het op 20 April 2016 verdwyn nadat sy omstreeks 05:00 by die Clock Tower-bushalte in Lentegeur vir werk afgelaai is.

Sy het daardie dag ’n oranje geruite hemp, blou jeans en geelbruin boots aangehad.

’n Sekuriteitswag by Clock Tower het Raymonde glo laas met ’n ou gesien en daarna het sy alleen in ’n motor geklim.

Volgens die wag was dit ’n silwergrys Toyota Yaris met blou mags.

Raymonde se selfoon­rekords wys sy het laas naby die huis met haar berk ­gepraat.

Maar volgens familielede is die berk net tjoepstil oor die betrokke dag.

Genevieve, Raymonde se ouer suster, sê al mis die familie haar baie, hou hulle moed dat sy nog lewe.

“Die familie is oukei, maar dis nog seer.

“Ons try maar ons bes om inligting te kry oor waar sy dalk kan wees,” het Gene­vieve verduidelik.

Onlangs het inwoners met plakkate in die strate geloop om mense te remind dat Raymonde nog vermis is en dat hulle nog antwoorde soek.

Genevieve sê die familie sal enige inligting wat tot Raymonde se opsporing kan lei, baie waardeer.

“Ons is dankbaar dat die gemeenskap bymekaar gekom het.

“Ek bid dat die Here ons ’n leidraad kan gee.

“Sy is ’n mense-mens. Almal is mal oor haar. So, dit maak baie seer, want ek mis haar vreeslik,” het Gene­vieve gesê.

“Ons wil net closure hê,” het sy gepleit.

Genevieve vra dat enigeen met inligting oor Raymonde vir AO Paul Sheldon dringend bel by 021 377 5040 of 078 228 3209.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters