3 jaar gelede
Girl al 7 weke weg
vermis: Ray-Lee van der Westhuizen word gesoek. FOTO VERSKAF  ~ 

SY HET twee keer vlugtig van haar laat hoor, maar steeds is Ray-Lee van der Westhuizen spoorloos.

Haar bekommerde ma, Lynette Bock, sê Ray-Lee (19) het op Saterdag 10 Desember uit haar ouerhuis in Salberau, Elsiesrivier, verdwyn.

Sy is die aand om en by 22:40 laas gesien nadat sy ’n oproep van haar vermeende boyfriend gekry het.

“Ray-Lee en haar suster Keisha (15) was die Saterdag by my huis in Belhar.

“Hulle is so 17:00 huis toe in Elsiesrivier en het nog ’n konsert van die kerk bygewoon. Daarna is die twee huis toe en later die aand het Ray-Lee die oproep gekry.”

Bock sê Ray-Lee is buite toe, en Keisha en haar niggie het haar later in die pad gesien.

“Ons het gedink sy is by vriende. Op 15 Desember het my suster ’n vinnige oproep van haar gekry.

“Sy het gehuil en gesê sy wil huis toe kom. Ons het gedink sy makeer taxi fare of iets en was nie te bekommerd nie.”

Op 18 Desember het hulle ’n SMS gekry. Hulle het dadelik na die nommer gebel, maar die foon was toe dood.

Die familie het haar eers op 9 Januarie as vermis gaan aanmeld.

Mense met inligting kan die Elsiesrivier-polisie bel by 021 928 1400 of The Pink Ladies by 072 214 7439.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters