4 jaar gelede
gesin soek tante
Marie Claassen (80) Foto verskaf  ~ 

DIE familie van die 80-jarige Marie Claassen is dringend op soek na haar.

Dié tante het Woensdag in Elsiesrivier verdwyn nadat sy saam met haar jonger suster Rosy na Pep Stores in Haltweg gegaan het.

Die tante is later op die N2 opgemerk en is na die Delft-polisiestasie geneem.

Omdat die tante deurmekaar is, kon sy nie inligting gee nie.

Nadat sy oornag gehou is, is sy toe laat gaan.

Haar dogter Joanna Claassen vertel dat die tante daarna toe weer in Belhar opgemerk is.

Maar sy is toe weer laat gaan omdat sy nie aan die cops kon sê wie sy is en wat haar adres is nie.

Marie ly aan Alzheimers.

Laas toe sy gesien is, was sy geklee in ’n pienk langmou-toppie, swart kortmoubaadjie, swart langbroek en ’n wit kopdoek.

Joanna sê sy en haar familie kan nie slaap van bekommernis nie.

Lesers wat die tante opgemerk het, word versoek om haar dogter Joanna Claassen by 021 933 4336 of selnommer 082 319 1642 te bel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters