4 jaar gelede
Dogter is al 5 weke weg
Carmen Coetzee FOTO verskaf  ~ 

’N MA van Macassar is diep bekommerd oor haar dogter nou al vir vyf weke vermis is.

Carmen Venessa Coetzee (40) se ma, Doreen Jaftha, sê een van hul bure het Coetzee ’n ruk gelede in Langstraat in die Kaap gesien.

Jaftha sê haar dogter het haar klere stuk-stuk weggedra en sy het sedertdien nie by haar werkplek in Somerset-Wes opgedaag nie.

“Sy (Carmen) het ook nie haar laaste geld by haar werk gaan haal nie,” het ’n bekommerde Jaftha gesê.

Jaftha het ’n beroep op lesers gedoen om Michael Bailey by 021 857 3878 te bel indien hulle haar dogter gewaar.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters