3 jaar gelede
Cops soek vermiste man
fynkam plek: Die polisie deursoek die perseel vir leidrade. Foto: Tracy-Lynn Ruiters  ~ 

DIE Focus Spiritual Upliftment Rehab is nie by die Wes-Kaapse departement van maatskaplike ontwikkeling geregistreer nie.

Die plek se eienaar, Shaheed Steyn, het dit ook admit, maar sê hy is in die proses om dit te doen.

Steyn het aan Son gesê Cody Hunter (20) het reeds op 16 Januarie verdwyn.

“Cody het weggehardloop. Ek was daai dag nie hier nie, want ek moes my ma hospitaal toe vat.”

Toe Son hom vra oor die drie maande lange geen-besoek-tydperk, het hy gesê mense kan al ná twee weke kom besoek aflê.

“Daai ma het nooit haar seun kom visit nie. Die department van so­cial services weet van ons. Ek het 80 boys hier in die program.

“Ek charge nie mense om deel van die rehab te wees nie. Almal is welkom.”

Maar toe Son hom vra oor die R1 000 wat Hunter moes betaal, het hy gou sy tune verander.

“Ons charge net mense wat dit kan bekostig, sodat ons kos vir die kinders kan koop.”

Ondersoek

’n Groot groep cops het Woensdagmiddag die plek kom deursoek op soek na Cody, maar het niks gevind nie. Son het ook net vyf rehab-kamers vir die 80 jong manne gesien.

Al het die polisie niks gevind nie, sê kol. Dennis Abels, hoof van die Philippi-polisie, gaan hulle alle leidrade opvolg.

“Die beweringe teen die plek is ernstig en ons ondersoek gaan voort.”

Volgens Sihle Ngobese, ’n woordvoerder van die departement van maatskaplike ontwikkeling, is daar geen rekord van rehabs in die Phillipi-area naby die plase wat geregistreer is nie.

“Die bewerings teen die betrokke plek is ernstig en sal ondersoek word.

“Die nodige stappe sal gedoen word.”

Kapt. Lance Goliath, ’n woordvoerder van die Philippi-polisie, sê ’n vermiste-persoon-dossier is aangelê.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters