11 dae gelede
Moeilike vrae skok leerders
INBETWEEN: Zanielle Louw, Amber Lodewyk en Cherize Thomas het verskillende opinies oor gister se vraestel.  ~ Jonathan Lestrade

VAN ál die vraestelle was bedryfsekonomie een van die moeilikste wat die matrieks sover geskryf het.

Leerders by die Hoërskool Marian in Elsiesrivier wou Donderdag weet wie dié moeilike vraestel opgestel het.

Dis dieselfde skool waar Amber Lodewyk, die matrikulant wat Sonlanders se harte omtrént laat klop het, besig is om haar skoolloopbaan te voltooi.

Een van Lodewyk se vriendinne, Jade Fagan, sê die vraestel was nie na haar liking nie.

“Daai was nie at all ’n nice vraestel nie. Ek het nie lekker geskryf nie.

“Ek is net bly dat ek nie die vak in my toekoms nodig het nie.

“Dis nou klaar en ek is bly.”

Nog ’n vriendin, Cherize Thomas, sê die vraestel was redelik, maar baie moeilik.

“Vandag se vraestel was jô! Hoe kon hulle dit aan ons gedoen het om die vraestel so challenging te maak?

“Wie ever dit opgestel het, is nie regverdig nie, want ons het studeer, maar daai vraestel...”

Vir die Son-meisie was dit egter heeltemal die teenoorgestelde.

Lodewyk sê sy het die vraestel omtrént geniet.

Sy sê sy het dit so geniet dat sy dit weer sal oor skryf.

“Dit is een van my gunsteling-vakke. Oukei, alles is my gunsteling-vak, maar dié is vir my een van die beste.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters