Verlede maand
Wonderwerk bring man nader aan God
BEMOEDIG: Leo dos Santos se lewe getuig van genade.  ~ Foto Verskaf

“EK WAS in 2017 in ’n motorongeluk en dis toe dat ek my gevoel in my bene verloor het.”

Leo dos Santos vertel dit was vir hom ’n tyd van hartseer.

“Ek het in die hospitaal na die Here geroep en gehuil.

“Die Here het vir my gesê ek moet met my trane aan my bene raak en dit sou die salf wees. Ek het toe in geloof my bene aangeraak en ek is onmiddellik genees.

“Soos jy glo, so sal dit met jou wees. Vandag is ek totaal­ genees en lewe voluit vir die Here.”

Hy vertel die stryd het hom kreatief gemaak.

“Deur die hele situasie het ek’n lied geskryf, ‘Sy Hand’, en ná drie jaar het ek die sangeres Elwira Stan­dili gevra om die lied te sing en dit word toe haar getuienis.

“My inspirasie elke dag is wanneer ek sien hoe kosbare siele na die Here kom deur my getuienis, want gehoorsaamheid is beter as offerandes.

Skyn

“In hierdie moeilike tyd waarin ons nou is, is dit belangrik om te bly glo al lyk jou omstandighede hóé onseker. Een ding is vir seker, die Here verander nooit en dít wat Hy gesê het, sal Hy doen.”

“So, bly gefokus al lyk dinge donker, want die Here is die Lig wat altyd sal skyn en ’n uitkoms bied. Die planne wat die Here vir jou het, is ’n hoopvolle toekoms en sy woord is betroubaar.”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters