2 maande gelede
Watt ’n inspirasie
vrou van God: Ds. Farren Watt sê dit is haar groot begeerte om mense opgewonde te maak oor die lewegewende Woord van God. Foto: FACEBOOK  ~ 

‘ONS moet meer vroue aanmoedig om teologie­ te swot en in die be­diening te kom.”

Dít is die woorde van die pragtige rooilip-dominee ds. Farren Watt, wat tans die leraar is by die VG kerk in Lambertsbaai.

Oopgemaak

Die dominee het laas week met Son gesels oor die uitdagings wat sy as vroueleraar ervaar het.

Dié week gesels sy oor hoe die loopbaan wat deur mans oorheers word, meer oopgemaak moet word vir vroue.

“Ek is in ’n bedryf wat meestal deur mans gedomineer word en dit kan definitief verander word,” sê Watt.

“Maar ongelukkig gaan dit nie sommer gou ver­ander nie.

“Ek weet daar is gemeentes wat net nie oor die brug kan kom om ’n vrou te beroep nie en dit sal mettertyd verander word.”

Dié boorling van Namakwaland verduidelik hoe sy dink die kwessie uit die weg geruim kan word.

“Ons moet meer vroue aanmoedig om in die bediening te gaan. Ons is die verandering.

“Ek het so ’n ruk terug aan iemand verduidelik dat ons, die vroueleraars wat vandag in die bediening staan, veral by ’n kerk wat voorheen ’n manlike dominee gehad het, half die rebound is.

“Ons vat nou die houe, die seerkry, maar ons baan nou ’n weg en ons maak die veld oop vir die volgende vroueleraar om te kom en net verder te bou op dit wat ons doen.”

Watt sê dis haar begeerte om mense opgewonde te maak oor die Woord van die Here.

“Ek hoop ek bring ’n nuwe opgewondenheid vir die bediening.

“Dis my hartsbegeerte dat ek mense opgewonde maak, veral jong mense, om op te kom na die Huis van die Here en betrokke te raak by die kerk.

Wakker

“Dis waarna ek elke dag strewe, om mense excited te maak om vir die Here te werk, vir basaar en funksies en om in die worship team te wees, jeug by te woon, ensovoorts.

“Ek hoop regtig ek bring ’n ander smaak na die bediening, wat die liefde vir Jesus in ander mense sal wakker maak.”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters