Verlede maand
Vrou is God se kerk
Remalia Esau  ~ Foto Verskaf

DIE Here sien die vrou as sy kerk en dis ’n voorreg en plesier om ’n vrou te kan wees ...

Só vertel die gospelsangeres Remalia Esau van Ceres.

Sy sê sy weet vir seker­ as God ’n woord sê, dan doen Hy dit.

“Die laaste tyd is ons geloof so getoets met Covid-19.

“My man, Henry, is positief getoets, maar die Here bly die Here en is ’n Waarmaker van sy woord om dit te volbring.

“Dit was ’n moeilike tyd, maar die Here het ons deurgedra.

“Hy belowe in sy Woord: Moenie vrees nie, want ek is by jou en sal jou nooit begewe en verlaat nie.”

Remalia wei uit dat sy baie dankbaar is vir haar gesondheid­,­ werk en familie.

“Ek sien die winter­seisoen as bonding-tyd vir familie,” laat hoor sy.

“Tye waar ons as familie voor die kaggel kan tyd saam deurbring en mekaar weer opnuut kan waardeer.

Moed

“Vir die gebroke vrou is my bemoediging dít: Ek sal jou weer bou en jou met sierlikheid bekoor.

Staan dan weer op. Jy sal weer dans op die berg en die Here sal jou met feesklere aantrek.”

Remalia glo daar moet net goeie moed gehou word.

“Ek dink aan die song van Whitney Houston waar sy sing sy het gestruikel, maar weer opgestaan, want die Here het haar weer krag gegee.

“Die Woord sê as jy na sy stem luister en alles doen, sal die Here jou vyande en teenstanders van jou af weghou.”

Sy sê God het die laaste sê en sy is diep dankbaar hulle is aan die kant van die lewe.

“Ek weet vir seker dat ek as vrou tot alles in staat is deur die Here wat my die krag gee en dat sy goedheid en guns my en my familie sal volg oral waar ek gaan.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters