2 maande gelede
‘Vriende en familie se support is belangrik’
Amina Juel  ~ Foto Verskaf

DIE Here se groot genade het haar lewe radikaal verander.

Die gospelsangeres Amina Juel­ sê die Here sal ons nooit verlaat nie.

“Ek is so dankbaar dat ek kos op my tafel het en ’n dak oor my kop. Die aanmoediging van vriende en familie in dié moeilike tyd waarin ons ons almal nou bevind, is belangrik. Die Here is my verlosser.”

Juel vertel haar nuwe CD is juis gebore in ’n tyd toe sy nader aan die Here wou groei.

“Hy het my uit ’n donkere pit gehelp en my in die wonderbare lig geplaas.

Pastoor

“Christenskap gaan nie vir my net daaroor om Sondae kerk toe te gaan nie, maar om my verhouding met die Here en my getuienis te deel sodat mense se lewens na die Here kan lei.

“Die inspirasie in my lewe is my pastoor. Hy het onlangs ’n beroerte gehad. Sy deursettingsvermoë om weer oor te begin, het my so baie bemoedig.

“My gunsteling-vers in die Bybel is Jeremia 29:11: ‘Die planne wat die Here vir jou het, is ’n hoopvolle toekoms.’

“Ek weet vir seker die woord van die Here is ja en amen.”

Juel sê dit was ’n wonderlike ervaring om saam met die baie talentvolle producer Damian Roman­ aan haar album I Am Changed te werk.

“My boodskap van hoop is om nooit op te gee op jou drome nie. Hou vas aan God se beloftes.

“As die een deur toegaan, sal God op die regte tyd ’n ander een vir jou oopmaak.

“In dié tyd van die pandemie, kom ons wees gehoorsaam aan die land se wette. Wees veilig en bly by jou huis.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters