23 dae gelede
Video-man het groot planne
KYK VORENTOE: Crescendo Louw vra ons moet veilig wees.  ~ Foto Verskaf

“WAT ’n voorreg om dié Kersfees saam met my familie en vriende te vier!”

Dít is die woorde van die komediant en video-joernalis Crescendo Louw van ENCA.

“Dit mag dalk die laaste Kersfees wees, soos die president gesê het. Laat ons gehoorsaam bly. Ek weet dis moeilik, maar dit is die nuwe norm.

“Die lewe is kort. Wanneer jy in die oggend jou oë oopmaak, weet jy nie of jy volgende is nie. So, wees veilig.”

Louw, wat sy komediesketse tans aanlyn doen, is dankbaar dat hy volgende jaar die company High Low Films kan begin.

Die boorling van Manenberg is baie opgewonde, want hy het ook pas twee musiekvideo’s voltooi. Dit word volgende jaar uitgereik.

Louw voeg by: “Ek besef elke dag in my werk hoe kosbaar die lewe is en wat die beteken om ’n verskil in die gemeenskap te maak.

“Lewe voluit, want jy weet nooit watter dag is jou laaste nie. Geseënde Kerstyd en wees veilig.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters