Verlede maand
Vele verheug kerk nou ook plek vir jabs
Ander diens: Die AGS-kerk waar ’n gesondheidsdiens
Ander diens: Die AGS-kerk waar ’n gesondheidsdiens nou gelewer word.  ~ Gregory Noble

KERKDEURE is dalk nou toe vir geestelike byeenkomste, maar dis oop vir dienste van ’n ander aard.

Dit het onlangs bekend geword Pacaltsdorp in George het geen inentingslokaal nie.

Rolspelers het toe met belangegroepe gesels sodat die gemeenskap nie uitmis op die vaccines nie.

Die gesprekke het gelei tot ’n ooreenkoms tussen die Wes-Kaapse departement van gesondheid en die Apostoliese Geloofsending (AGS) in Pacaltsdorp, waar mense ook nou inentings kan kry.

Past. Allen Spies van die plaaslike gemeente sê: “Ons het die kerk beskikbaar gemaak omdat baie van die lid­mate en veral bejaardes in die gemeenskap ver van ’n kliniek woon.”

Spies en sy vrou, René, was onder die eerstes wat die Covid jab ontvang het.

Past. Gavin Biegnaar, ’n plaaslike kerkleier, is onder diegene wat ook op die kerkperseel was vir sy inenting.

“Om die inenting hier te laat geskied, is ook ’n goeie inisiatief, want dit wys die kerk het ook ’n rol om te speel.”

Die 59-jarige Ella Roos was nét so verheug oor haar jab.

“Ek voel dis die antwoord op my gebede. Ek is ’n diabeet en verstaan dat ek na my gesondheid moet kyk.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters