23 dae gelede
‘Vanjaar moet ons vir lewe dankbaar wees’
BEMOEDIG: Varonica Meyer sê ons moet onthou dat Jesus die rede vir Krismis is.  ~ Foto Verskaf

“KERSFEES is vir my ’n tyd om met dankbaarheid saam met familie en vriende te vier.”

Só sê die gospelsangeres Varonica Meyer.

“Baie is nie so bevoorreg nie. In die pandemie het ons geliefdes aan die dood afgestaan.

“Ons moet vanjaar dankbaar wees vir die lewe.

“My lewe het so verander, veral toe ek lid word van die Jesus Collective-evangeliespan, wat met lofsange en aanbiddingsmusiek na die gemeenskap uitreik.”

Meyer sê ons moet Jesus in die feestyd onthou.

“Laat ons weer opnuut fokus op Jesus, want Hy is die rede vir Kersfees.

Waardeer

“In die grendeltyd het ek weer geleer die Here is en bly wie Hy is. Hy is onveranderlik. Sy kinders verlaat Hy nooit en aan sy liefde is daar geen einde nie.

“Ons moet mekaar waardeer; die lewe is so kort.

“Geseënde Kersfees en wees veilig.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters