11 dae gelede
Vader gee haar werk om vroue te versterk
bemoedig: Yvonne van Wyk gaan die vroue bemagtig.foto verskaf  ~ 

“MY VERSEKERING is die Here is nie ’n mens wat lieg nie; Hy staan agter sy woord.”

Só glo Yvonne van Wyk, organiseerder van ’n konferensie om vroue te bemagtig.

“Baiekeer vergelyk ons mekaar met ander en besef nie elkeen het ’n spesifieke doel op aarde nie.

“Nou is die tyd om dit te doen waarvoor die Here my geroep het.”

Van Wyk vertel: “Op my ma se siekbed het ek haar belowe ek sal voortgaan met die werk van die Here. Sy sou so trots gewees het.

“In die grendeltyd het ek nader aan die Here gekom, want ek het besef ons is niks sonder Hom in ons lewe nie.

“Ek het ook geleer op God se tyd word jou drome waar.”

Van Wyk deel: “My gunstelingvers is Jes. 54:7: ‘Vir ’n klein oomblik het Ek jou verlaat, maar met groot ontferminge sal Ek jou vergader.’ ”

Awesome Ladies word op 12 Desember van 11:00 by die Rapha Pinksterkerk in Balvenie Avenue, Elsies­rivier, gehou. ’n Kaartjie kos R150.

Die sprekers is profeet Julian Claassen, past. Susan de Villiers, past. Patricia Abrahams, Aletta Basson, Timothy Riegers, Kathleen White en apostel P. Stevenson. 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters