Verlede maand
Unity vra almal om wette te gehoorsaam
GEE RAAD: Unity Aldalgamony sê dit is belangrik om op God te vertrou.  ~ Foto Verskaf

“ONS is moeg en uitgeput, maar kry steeds krag van Bo om families in hierdie hartseer tye te ondersteun.”

Dít is die woorde van die begrafnisondernemer Unity Aldalgamony van George.

“My boodskap in hierdie ongekende tyd van ’n wêreldwye pandemie is om op die Here te vertrou.

Voluit

“Ek het in dié tyd net weer besef aardse besittings beteken niks nie. Dit is goed wat jy nie na jou graf kan neem nie.

“So, leef voluit vir vandag, want môre is nie gewaarborg nie.”

Aldalgamony sê baie families deel met haar dat as jy sou weet dis die laaste keer dat jy jou geliefdes sal sien, sal jy dinge anders doen.

Sy doen ’n beroep op mense om die landswette te gehoorsaam. “Dis tot ons almal se voordeel.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters