Verlede maand
Sy gryp haar kans
SANG EN GEBED: Philippine Morkel wil vroue bemoedig.  ~ Foto Verskaf

“EK IS ’n lewende getuie van hoe my geloof my gedra het in tye van my siekte ...”

Só vertel Philippine Morkel, die legendariese gospelsangeres.

Sy vertel deur moeilike tye is dit gebed wat haar dra.

Morkel was vir ’n lang tyd stil in die bedryf, maar sy het nog steeds by kerke gesing.

“Ek is opgewonde om aan ’n nuwe single en ’n boek oor my lewenservaring te werk. Ek het kom leer alles gebeur op die regte tyd en nou is die tyd om weer nuwe musiek uit te reik.”

Intussen het een van Morkel se groot drome waar geword. Sy kan deesdae gehoor word op Radio Kaapse Kansel met haar eie program, Koffiedate met Philippine, waar jy na getuienisse en nuwe musiek kan luister.

Bemoedig

“Wat so wonderlik is, is dat die radiostasie my genader het om my eie program op die lug te hê. Daarvoor is ek dankbaar.

“Baie vroue dink as hulle ouer word, word hulle nie meer so benodig nie, maar die Here het my ’n tweede kans gegee.

“Ek wil vroue bemoedig om nooit op te gee nie.

“Die Here kyk na jou hart en ek is ’n lewende getuie daarvan.”

Sy sê verder: “Elke keer as ek voor ’n uitdaging staan, dan herinner ek God aan Sy beloftes. Hy is nog steeds dieselfde Here en is in beheer.

“Ek glo in Sy genade en elke dag is ’n geleentheid, so gryp dit aan.”

Morkel sê sy is vandag meer as ooit geseënd, nes God aan Job gedoen het.

“Sy genade is genoeg vir my,” aldus Philippine.

Sy is vol dankbaarheid vir haar steunpilare.

“Dankie aan my geestelike leiers, apostel Martin Burke en sy vrou, vir hul ondersteuning en liefde.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters