Verlede maand
Sy droom van album
FAMILIE: Dawn en David Geswindt sing ook soms saam in die kerk. FOTO VERSKAF  ~ 

‘TOE ek my verstand kom kry, toe sing ek al.”

Dawn Geswindt voeg by haar liefde vir sang het maar soos vir so baie ander in die kerk begin.

Die 37-jarige is oorspronklik van Groot-Brakrivier, maar woon tans saam met haar man, David, en vier kinders, Davidene (10), Darwin (7), Danvir (5) en Da­niel (9 maande) in Dysselsdorp.

Dawn en manlief David tree ook baie keer saam op.

Hulle vertel met Covid gaan dit maar moeilik.

Die gesin is tans betrokke by die aanbiddingspan van die Pinkster Protestante Kerk in Dysselsdorp.

Dawn noem sy het grootgeword in die Congregational Kerk, waar sy in die koor gesing het.

“Ons koorleier, Mae Koert, en Charles Orange, ons skoolkooronderwyser, het my baie aangemoedig om te sing.

Hartsbegeerte

“Later het ek betrokke geraak by die Apostoliese Geloofskerk te Greenhaven in Groot-Brakrivier.”

Dawn het ná skool as ontvangsdame by ’n leningskonsultasie-maatskappy begin werk. Sy en David sing gereeld saam in die kerk.

Dis nie net die paartjie wat sing nie. Hul dogter neem tans aan ’n kompetisie deel en is in die top-16.

Dawn vertel haar hartsbegeerte is om haar eie album te record.

“Ek het geleer dat alles op die regte tyd gebeur, so vir nou skryf ek maar aan liedjies.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters