Verlede maand
Sy droom groot
BEGEERTE: Pearl Adams wil ’n album record.  ~ Foto Verskaf

“JAAG jou droom na, want alles is moontlik as jy net glo.”

Só vertel die gospelsangeres Pearl Adams (19) van Vredenburg. Sy studeer tans musiek by Pneumatix Global­ is en baie opgewonde oor wat die Here in haar lewe doen.

“Ek het op 22 Februarie by Pinkster in GrandWest opgetree en ek sal altyd teenoor Jonathan Rubain daarvoor dankbaar wees.”

Die sangeres sê gospelsangers wat haar inspireer, is Varonica Meyer, Benjamin Dube en Hlengiwe Ntombela.

“Ek is so diep dankbaar vir my opvoeding en dat ek in die huis van Here grootgeword het. My pa is die pastoor van ons kerk en my ma is ’n sterk bidder. My hart jubel.

Dryfkrag

“Ek is ook dankbaar vir profesieë wat waar word in my lewe wat deur Edmund Gregory Losper geprofeteer is. Profetes Gunaida Samuels het ook woorde van hoop oor my lewe gespreek.”

Adams sê die dryfkrag in haar lewe elke dag is om haar drome na te jaag, want sy is tot alles in staat deur Here wat haar die krag gee.

Sy vertel opgewonde sy was onlangs op die kassie op die gospelprogram Koortjies met Jonathan Rubain.

“Ek was by ’n Koortjies-opname. Dit was ’n ongelooflike ervaring. Ek was op my senuwees, maar dit het die wêreld vir my beteken en ek dank God vir so ’n geleentheid.”

Adams is ook baie opgewonde om lid te wees van The Jesus Collective Ministry­.

Sy sê dit voel soos ’n droom en gee die Here al die lof en aanbidding, want Hy kom deur op die regte tyd.

“My droom is om eendag wêreldbekend te wees en dat my musiek mense se lewe verander. My begeerte is ook om my eie album te record, maar ek wag op die Here.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters