24 dae gelede
Susters sing vir God
VOL LOF: Charnique Neethling is dankbaar om ’n lid van die groep The Jesus Collective te wees.  ~ Foto Verskaf

“MY LIEFDE vir gospel­musiek het in die kerk ontstaan.”

Só vertel die gospelsangeres Charnique Neethling van Mitchells Plain wat dankbaar is vir nuwe genade en geleenthede.

“Ek weet vir seker dat ek bestem is vir groot dinge volgens die plan wat die Here met my lewe het.

“Vroeg dié jaar is ek ge­nader deur die leier van The Jesus Collective, Hilton Petersen, om ’n lid te word van die groep.

“Dit het my lewe verander, want hul wens is dat verlore siele na die Here sal kom deur lof- en aanbiddingsmusiek.

“Deur hierdie reis met die groep het ek nuwe vertroue in my gawe opgebou en my verhouding met die Here het verdiep.”

Sy verduidelik sy bly geanker in die Woord van God.

“Wat my elke dag motiveer, is dat God ’n plan met my lewe het. My wens is dat gospel­musiek verskeie musiekbedrywe sal infiltreer en so Jesus aan die wêreld verkondig.”

Jezreah Neethling, wat ook ’n lid van die groep The Jesus Collective is, is dankbaar vir die geleentheid om die naam van die Here te verkondig deur lof en aanbidding en om lewens te verander.

Getrouheid

“In 2016 het hijackers my pa aangeval. Deur die genade van die Here het hy oorleef.

“Ek sal altyd dankbaar wees teenoor die Here vir sy getrouheid en liefde wat nooit einde het nie.

“Ek het altyd die optredes van The Jesus Collective bygewoon en my lewe het verander. Vandag is ek so dankbaar om deel te wees van dié geseënde ministry.

“Dis my begeerte dat wanneer mense in die teenwoordigheid van die Here kom, hul hart sal verander en hulle sal weet dat God ons oneindig lief het.

“Die Here se plan vir ons behels ’n hoopvolle toekoms. Soek die Here eerste en alles sal op die regte tyd in plek val.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters